| |||||
Nasionale leuse: Long God yumi stanap[1][2][3] (Bislama) With God we stand (Engels) Nous nous tenons devant Dieu (Frans) (Afrikaans: "In God staan ons") | |||||
Volkslied: Yumi, Yumi, Yumi (Bislama vir: "Ons, Ons, Ons") | |||||
Hoofstad | Port Vila | ||||
Grootste stad | Port Vila | ||||
Amptelike tale | Bislama, Engels en Frans | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Nikenike Vurobaravu Charlot Salwai | ||||
Onafhanklikheid | 30 Julie 1980 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
12 189 km2 (157ste) 4 706 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2020-sensus - Digtheid |
335 966[4] (182ste) 300 019[5] 27,6 / km2 (188ste) 71,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,607[7] (140ste) – medium | ||||
Gini (2019) | 32,3[8] – medium | ||||
Geldeenheid | Vatu (VUV )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
VUT (UTC+11) nie toegepas nie (UTC+11) | ||||
Internet-TLD | .vu | ||||
Skakelkode | +678 |
Vanuatu (Engels: [ˌvɑːnuˈɑːtu], vah-noo-AH-too, of [vænˈwɑːtu], van-WAH-too; Bislama en Frans: [vanuatu]), amptelik die Republiek Vanuatu (Bislama: Ripablik blong Vanuatu; Engels: Republic of Vanuatu; Frans: République de Vanuatu), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 12 189 km² en het 'n bevolking van 335 966 in 2023 gehad. Vanuatu is in die ooste van Australië, in die suidooste van die Salomonseilande, in die weste van Fidji en in die noordooste van Nieu-Kaledonië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Port Vila. Vanuatu is 'n onafhanklike republiek binne die Britse Statebond met 'n president as staatshoof.
Vanuatu was bevolk deur Melanesiërs. Vanuatu (van-WAH-toe) beteken "ons land" en die plaaslike mense noem hulself die "Ni-Vanuatu". Voor hul onafhanklikheid in 1980 van die Verenigde Koninkryk en Frankryk was hierdie groep van 83 eilande bekend as die Nuwe Hebride – 'n naam wat deur kommandeur James Cook gegee is na aanleiding van die Hebride in Skotland. In 1606 het die eerste Europeërs onder leiding van die Portugese ontdekkingsreisiger Fernandes de Queirós die grootste eiland van die argipel bereik. Nadat die krone van Portugal en Spanje verenig is, het Queirós die argipel vir Spanje as deel van Spaans-Oos-Indië opgeëis en dit La Austrialia del Espíritu Santo genoem.
Alhoewel Vanuatu se ampstale Engels, Frans en Bislama is, word daar 105 ander tradisionele tale dwarsoor die eilande gepraat.
Daar is 'n aktiewe vulkaan genaamd Azur op die suidelike eiland Tanna geleë en die eiland Ambrym het ook aktiewe vulkane.